Word deel van die Altasorg Omgee-gemeenskap

Altasorg is die bemarkingsafdeling van Alta du Toit Nasorg. Die hooffunksie van hierdie afdeling is om aan lede van die publiek die geleentheid te bied om deel te wees van ons omgee-gemeenskap.

Talle persone vertel dat hulle 'n roeping het om iewers 'n verskil te maak in mense se lewe en by te dra tot ander se geluk. Vriende van Alta is die perfekte ruimte waar mense so 'n bydrae kan maak. Honderde vriende van Alta maak reeds regstreeks 'n verskil aan die geluk van volwassenes met intellektuele gestremdheid.


Hoe word u 'n vriend van Alta?

Nooi ons vir 'n besoek
Kom kuier vir ons
Neem kliënte op uitstappies
Word 'n voog van persone sonder familie of finansiële bronne
Beding vir ons werkskontrakte
Word 'n verteenwoordiger van Altasorg
Teken 'n debietorderstrokie
Maak 'n donasie aan die sentrum
Borg 'n projek van die sentrum
Doen 'n bemaking in u testament aan Alta du Toit Nasorg
Ontvang ons kwartaallikse nuusbrief
Bid vir ons


Kontak die Altasorg kantoor. Elsa Theron en
Marina van der Meulen is die Altasorg span wat u baie vinnig sal laat tuis voel. Kyk op die Kontak Ons-bladsy vir hulle kontakbesonderhede.