Laat die speke sing…GO! GO! GO!!!

Support TEAM ECOTECH CONVERGE in the 800km Cape Epic Race
They are racing for ALTASORG!

SPONSOR  1 of our team’s  800 km’s  for only R31.25 and help us raise R25 000.00
You can also make a donation of any amount of your choice. How about R1 for each of the 800 kilos?

Maak ‘n donasie direk aan Altasorg. Epos jou bewys van betaling na bemarking@altasorg.co.za en ons laai jou besonderhede op die webwerf om te wys hoe die termometer rooier en rooier raak.

Bankbesonderhede:

Alta du Toit Nasorg - ABSA
Tjek 390141424
Tak 632005
Verwysing: Epic, Voorletter & Van

Vir enige navrae kontak Elsa Theron by 021 913 2106 of 084 080 9652.

Donasies:

JM Marais - R 50
ON TIME ACCOUNTING - R 150
Viljoen Storm - R 500
Anoniem - R 50 000
M. Hamman - R 150
L. vd Walt - R 5 000
Mnr Skinner - R 200
DS Barnett - R 150

 

Altasorg Kermis 2012

Kom hou saam met Altasorg Kermis op 3 Maart om fondse in te samel vir persone met intellektuele gestremheid. Dit vind plaas op die Boston Primary School se sportvelde, Lincolnstraat, Boston

Kontak Marina of Debbie by Altasorg vir navrae, etekaartjies, pretloop inskrywings
of om deel te neem as uitstaller.

Skakel 021 913 2106.

SIEN UIT NA:

TeeTuin | Kinderteater | Richard de Villiers van Radio Tygerberg | Kookwaterorkes |
Pampoenkraalorkes | Paola | Omgee Mark

Wegneem-Etes:
- Hoenderbraai R40
- Sosatiebraai R30

 

 

Lees meer

 

I Love Alta Fun walk – 3 March 2012

Show your support for adults with intellectual disabilities and enter for the 5km I Love Alta Fun Walk on 3 March.  

Complete the entry form and follow instructions. See you there!

Download English Entry Form

Laai Afrikaanse Inskrywingsvorm Af

 

Kersfees 2011

Kom vier Kersfees saam met die inwoners van Alta du Toit Nasorg.

Sien uit na piekniek saam met die vriende van Altasorg.

Ds Johann Symington se Kersfees Boodskap

Saterdag, 3 Desember 2011, Toegang Gratis

Lees meer

 

 

Geskenkpapierprojek 2011

Inkleur en verf is van die aktiwiteite wat gebruik word om die ontwikkeling van persone met intellektuele gestremdheid te bevorder by Alta du Toit Nasorg. Van hierdie kunswerke is gekies om pragtige geskenkpapier van te maak. Die papier is te koop teen slegs R10.00 'n rolletjie. Ondersteun hierdie spesiale projek en draai vanjaar jou geskenke toe in die mooiste papier wat 'n storie vertel van Kersfees, liefde, dankbaarheid en omgee op 'n besonderse manier. Epos bemarking@altasorg.co.za vir meer ingligting.

Kliek hier om voorbeelde van die geskenkpapier te sien.
Uiltjies / Owls
Pikkewyne / Penguins
Borrels / Bubbles

HOE KAN JY HELP?
Koop hierdie Kersfees jou geskenkpapier by Altasorg.
Vertel jou vriende!
Bestel in grootmaat en verkoop namens Altasorg.

 

Sielkunde, skaterlag en sjampanje by vroue-oggend

Ons jaarlikse vroue-oggend is ALTYD ‘n groot treffer. Verlede jaar het meer as 200 vroue die geleentheid bygewoon. Kom kuier saam met ons op Saterdagoggend 30 Julie by die pragtige Bloemendal buite Durbanville.  Skaterlag saam met Dowwe Dolla, ontdek interessante feite saam met sielkundige Dr ST Potgieter, geniet ‘n sjampanje-proe, gelukkige trekkings en sommer net vrouwees. Bring al jou vriendinne en maak met ‘n heerlike kuier ‘n verskil vir persone met intellektuele gestremdhede. Kaartjies verkoop vir R125 per person.

Kontak Marina van der Meulen by 0219132106 of by fondswerwing@altasorg.co.za om te bespreek. Daar is ook stalletjies te huur beskikbaar, uitstallers kan met Marina skakel.

Altasorg Trollieprojek:

Die inwoners by ons sentrum is almal volwassenes met intellektuele gestremdhede en dit is ongelukkig so dat daar ‘n groep is wat nie meer familie het nie en behoeftig is. Dit is ons uitdaging om hulle elke dag te versorg soos ouers hulle kinders versorg. Huidiglik word daar basiese toiletware benodig vir inwonende kliënte.

Daarom die Altasorg Trollieprojek!!
Ons benodig  tandepasta, tandeborsels, seep, deodorant, weggooibare skeermessies, lyfroom en sneesdoekies.  Dis eenvoudig – wanneer jy jou inkopies doen gooi dalk een of meer van hierdie produkte genoem in jou trollie.

Kom ons kyk hoeveel ons saam kan insamel voor einde Junie.
Lewer asb die produkte by ons sentrum af of laat weet ons as julle ‘n groep is wat dalk ‘n klomp produkte versamel sodat ons ‘n drywer kan stuur om dit by ‘n sentrale punt af te haal.  Baie dankie vir elkeen wat sy hart oopmaak vir die Alta-familie.

Vir meer inligting kontak Marina van der Meulen by 021 913 2106.

Altasorg Kermis 2011

Kom hou saam met Altasorg Kermis op 26 Maart om fondse in te samel vir persone met intellektuele gestremheid. Dit vind plaas op die Boston Primary School se sportvelde, Lincolnstraat, Boston vanaf 09:00 tot 15:00.

Ons hou 'n heerlike hoenderbraai wat 'n halwe gemarineerde hoender, twee slaaie en rolletjie insluit teen net R40 per persoon.

Kom skoffel saam by die Kermis-dans in die markiestent met Fanie le Roux en sy dansorkes vanaf 19:30 tot 24:00.
Kaartjies vir die dans is beskikbaar teen R40 per persoon.

*Vir meer inligting en om kaartjies te koop, kontak Marina of Debbie by 0219132106.

Span ry Epic vir Altasorg 2011. Jy kan help…

Die Ecotech Converge -span neem op 27 Maart tot 3 April deel aan die ABSA Cape Epic bergfietsrytoer ten bate van volwassene persone met intellektuele gestremdheid. Die toer word nasionaal en internasionaal beskou as die “Tour De France” van bergfietsry.  Ongeveer 700km en ‘n totale klim van twee keer “Mount Everest” se hoogte word deur die deelnemers voltooi oor 8 dae.  Die spanleier, Francois Swart, sê “Ons wou graag hierdie jaar die Cape Epic ry vir ʼn goeie doel.”

Lees meer

 

Geskenkpapierprojek 2010

Inkleur en verf is van die aktiwiteite wat gebruik word om die ontwikkeling van persone met intellektuele gestremdheid te bevorder by Alta du Toit Nasorg. Van hierdie kunswerke is gekies om pragtige geskenkpapier van te maak. Die papier is te koop teen slegs R10.00 'n rolletjie. Ondersteun hierdie spesiale projek en draai vanjaar jou geskenke toe in die mooiste papier wat 'n storie vertel van Kersfees, liefde, dankbaarheid en omgee op 'n besonderse manier. Epos bemarking@altasorg.co.za vir meer ingligting.

Kliek hier om voorbeelde van die geskenkpapier te sien.
Kersfees
Liefde
Laslappie

HOE KAN JY HELP?
Koop hierdie Kersfees jou geskenkpapier by Altasorg.
Vertel jou vriende!
Bestel in grootmaat en verkoop namens Altasorg.


Altasorg Omgee-mark

Op 3 en 4 Desember vind die Altasorg Omgee-mark by die sentrum plaas. Vir handgemaakte Kersgeskenke en heerlike eetgoed is 'n besoek aan dié mark 'n moet. Die Altasorg Omgee-mark is nie net 'n fondsinsameling vir Alta du Toit Nasorg nie, maar skep ook 'n platform vir ander welsynsorganisasies en individue om hul produkte bekend te stel aan 'n wye spektrum mense. Kom kuier saam en word deel van Altasorg se omgee-gemeenskap. Plakkaat

HOE KAN JY HELP?
Kom besoek die mark op 3 en 4 Desember by Alta du Toit Nasorg in Boston, Bellvile.
Wees volgende keer 'n uitstaller en word só 'n vriend van Alta du Toit en ander welsynsorganisasies.


Kersliedere

Kom sing saam met ons Kersliedere op Saterdag, 11 Desember vanaf 18h00. Bring jou gesin en pak 'n piekniekmandjie, kombers of kampstoele om op te sit. Donasies word gebruik om kliënte wat nie meer familie het nie te bederf gedurende die Kersseisoen. Skakel Altasorg by 021 913 2106 vir navrae of om u teenwoordigheid by hierdie geleentheid te bevestig.


Lees Meer